‘n Mooie Blog Toekenning

one-lovely-blog-award

I am doing this award in Afrikaans because

Kouevuur

http://kouevuur.wordpress.com/2014/10/28/n-mooie-blog-toekenning/

nominated me.

Soos alles, is daar natuurlik reëls verbonde aan hierdie toekenning

Ek moet dankie sê vir die persoon wat my genomineer het… Dankie weer  Kouevuur

Ek moet die mooi logo hier opsit

Ek moet 7 feite oor myself deel

En ek moet 15 ander bloggers nomineer wat ek bewonder, en hulle moet dan weer dieselfde as hierdie op hul eie blogs doen.

7 Feite!

1. Ek is en bly steeds n “gebore” Suid Afrikaner al is ek in Nederland gebore en het met my ouers ge-immigreer toe ek 6 was.

2. Na 55 jaar in Suid Afrika is ek weer verplant in n nuwe omgewing wat seker maar my tuiste gaan wees tot die einde.

3. Ek mis die lewe en mense in Suid Afrika baie, tog het my nuwe lewe hier ook baie mooi dinge reeds opgelewer.

4. My liefde vir my hond Trompie is so intens dat ek party dae nie kan glo mens kan so verknog raak aan n dier nie.

5. Dan het ek so 3 jaar terug die pen opgeneem en begin om my kinderjare op te teken. Ek het hierdie jaar n bundeltjie saamgestel met fotos en al oor my  kinderjare. Ek doen die skrywery met n paar goeie “vriende” in die plaaslike biblioteek elke Vrydag, onder leiding van n 90 jarige oud onderwyseres

6. Al my meubels en huis inhoud is tweede hands omdat ek nie nuwes kan bekostig nie. Selfs my klere is tweede hands. My motor is  n amper gedane ou Nissan wat op genade ry.

7. Grootste dankbaarheid wat ek het is dat ek naby my seun kan bly. Ons geniet mekaar nog steeds baie al gaan dit party dae maar knorrig en kort van draad. .As dit nie vir hom was nie sou ek nie hier kon oorleef nie!

Nou moet ek 15 blogs nommineer wat vir my n kopseer is. Ek is nie n gereelde blogger wat op almal kommentaar lewer nie. Die wat ek volg is reeds benoem.

INDIEN JY VOEL OM IETS EKSTRAS TE DEEL MET ONS HIER IN BLOG-OS-SFEER, VOEL VRY OM DIE TEKEN TE GEBRUIK EN IETS MEER VAN JOUSELF TE VERTEL!

12 comments on “‘n Mooie Blog Toekenning

  1. Ek is ‘n vreemdeling vir jou – – maar het onlangs jou stukkie oor Rudi Neits teegekom. Hy was ook my Duitse onderwyser destyds, en ek wonder wat jou naam is. Gerrit Maritz was nie so ‘n groot skool gewees nie. My nooiensvan is Olivier, en ek is later jare, na my Pa se dood na die Ou Hoerskool Rustenburg-toe. Indien dit in jou belangstellings-veld inpas, laas my asseblief weet wie, asook waar jy is. Dit sal goed wees om met iemand van daardie tyd van my lewe te gesels. Ek woon tans in Suidelike Kalifornie, na meer as 40 jaar in pragtige Colorado. Hoop om gou van jou te hoor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s