‘n Mooie Blog Toekenning

one-lovely-blog-award

I am doing this award in Afrikaans because

Kouevuur

http://kouevuur.wordpress.com/2014/10/28/n-mooie-blog-toekenning/

nominated me.

Soos alles, is daar natuurlik reëls verbonde aan hierdie toekenning

Ek moet dankie sê vir die persoon wat my genomineer het… Dankie weer  Kouevuur

Ek moet die mooi logo hier opsit

Ek moet 7 feite oor myself deel

En ek moet 15 ander bloggers nomineer wat ek bewonder, en hulle moet dan weer dieselfde as hierdie op hul eie blogs doen.

7 Feite!

1. Ek is en bly steeds n “gebore” Suid Afrikaner al is ek in Nederland gebore en het met my ouers ge-immigreer toe ek 6 was.

2. Na 55 jaar in Suid Afrika is ek weer verplant in n nuwe omgewing wat seker maar my tuiste gaan wees tot die einde.

3. Ek mis die lewe en mense in Suid Afrika baie, tog het my nuwe lewe hier ook baie mooi dinge reeds opgelewer.

4. My liefde vir my hond Trompie is so intens dat ek party dae nie kan glo mens kan so verknog raak aan n dier nie.

5. Dan het ek so 3 jaar terug die pen opgeneem en begin om my kinderjare op te teken. Ek het hierdie jaar n bundeltjie saamgestel met fotos en al oor my  kinderjare. Ek doen die skrywery met n paar goeie “vriende” in die plaaslike biblioteek elke Vrydag, onder leiding van n 90 jarige oud onderwyseres

6. Al my meubels en huis inhoud is tweede hands omdat ek nie nuwes kan bekostig nie. Selfs my klere is tweede hands. My motor is  n amper gedane ou Nissan wat op genade ry.

7. Grootste dankbaarheid wat ek het is dat ek naby my seun kan bly. Ons geniet mekaar nog steeds baie al gaan dit party dae maar knorrig en kort van draad. .As dit nie vir hom was nie sou ek nie hier kon oorleef nie!

Nou moet ek 15 blogs nommineer wat vir my n kopseer is. Ek is nie n gereelde blogger wat op almal kommentaar lewer nie. Die wat ek volg is reeds benoem.

INDIEN JY VOEL OM IETS EKSTRAS TE DEEL MET ONS HIER IN BLOG-OS-SFEER, VOEL VRY OM DIE TEKEN TE GEBRUIK EN IETS MEER VAN JOUSELF TE VERTEL!

Written Acts of Kindness Award

Written Acts of Kindness Badge

Ek wil die toekenning maak aan twee wonderlike bloggers.

Eerste is die ou vrou met haar grys kamerjas

wat woon in die huis op die hoek.

Sy is besonders talentvol as dit by skryf kom.

Sy het onlangs die liefste kleinkind gekry.

Mia is ouma en oupa se oogappel.

Gaan ontmoet haar gerus in die huis op die hoek en

drink n koppie koffie.

http://blogkliesjee.wordpress.com/2014/04/

Die tweede parsoon wat ek hoog aanskryf is

Kameel

wat saam met Toorts en Bokbaaivygie skryf.

Dankie vir jou heerlike geselsies elke nou en dan.

Dit voel of ons mekaar al lankal ken.

Besoek haar by die volgende adres

http://toortsie.wordpress.com/2014/09/18/ken-kom-huistoe/

 Here are the rules for passing the award on.

  1. You are welcome to give it out as many times as you like, but it is only to be given to a maximum of one person per blog post. If you wish to give multiple rewards, please space the blog posts so the sincerity is maintained.
  2. Introduce the person; say how they encourage, help or inspire you; then link to their work and/or social media profiles. There may be a specific post you wish to link to which helped you. It’s up to you.

This award is open to anyone to use. You don’t have to receive it, in order to be able to give it. Once you have received it, it isn’t obligatory that you must pass it on.

Visit Cate who initiated the award  http://cateartios.wordpress.com/2014/09/27/written-acts-of-kindness-laura-sapala/

Springtime at last?

 

 

 

 

I have to share something beautiful with you all!

The cherry trees are in full bloom.

This year they are covered in white

welcoming

SPRING.

IMG_8181

 

 

DIS HEERLIKE LENTE

Woorde: THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ

Dis heerlike lente, die winter’s verby;

weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my.

Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.

Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.

Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

https://chessaleeinlondon.wordpress.com/tag/dis-heerlike-lente-lirieke/

 

Toekenning: Award

Nou kry ek darem vreeslik lekker! Ek kan in Afrikaans my toekenning ontvang!

http://blogkliesjee.wordpress.com/2014/09/09/inspirasie/

wat die volgende van haarself se het die toekenning vir my gepos.

…die Huis op die Hoek derdestraat links se ouvroutjie met die oorgroot Kamerjas ,….

Baie dankie Dirkie ek geniet jou gesprekke met Mia, Swarthond en jouself baie. Doet so voort

 

Ek “moet ” 15 poste nomineer en hul laat weet van die nominasie.

inspiring award

I am supposed to nominate 15 bloggers that mean a lot to me in the blogosphere.

Die volgende blogs het elk n spesiale plekkie op my blog-rak.

http://teendagbreek.wordpress.com/meer-oor-my/

http://3kiesblog.wordpress.com/about/

http://nowathome.wordpress.com/about/

http://dewetswild.com/

http://lagottocattleya.wordpress.com/

http://forestwoodfolkart.wordpress.com/

http://animalcouriers.wordpress.com/

http://rondomtaliedraai.wordpress.com/about/

http://illgiveyoualetterforthat.wordpress.com/

In Memoriam

(In Memoriam may refer to:

In memoriam, a Latin phrase that directly translates as “into memory”, examples of its uses can be found in obituaries and in epitaphs
http://en.wikipedia.org/wiki/In_Memoriam#Songs )

 

IN MEMORIAM

Albertus Stephanus Kruger-

Bert

Born :

17 January 1959

Death:

18 August 1993

Buried:

26 August 1993, Mooifontein cemetery(2274) Kempton Park, South Africa

Bert 002

17 August 1993

Committed suicide by

shooting himself through his temple.

Hospitalized : 3 pm Evander Hospital

By ambulance to Johannesburg hospital

Where he was on life support till

11 pm 18 August 1993.

I had to decide to stop the support

and donated his kidneys and heart valves for transplantation.

IN MEMORIAM OF A DEAR HUSBAND AND LOVING FATHER

REST IN PEACE

Begrip vir mense

Kolossense 4: 6

Wat julle se, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.

Rame(frames): Uitdaging 44

Uitdaging 44 – Rame

 

Rame is baie belangrik as jy n mooi foto wil beklemtoon.

In fotografie speel rame ook n belangrike rol.

As die prentjie wat jy afneem omraam word deur

hetsy bome of gras of wat ookal

word die “prentjie” binne die raam beklemtoon.

IMG_6254

Besoek rondomtaliedraai.wordpress.com vir verdere inligting

Kinders – Children Uitdaging

Uitdaging 40 – Kinders – @tina10

http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2014/06/30/uitdaging-40-kinders-tina10/

 

Ek het nie eintlik kinderfotos nie!

Die volgende fotos het ek geneem toe ek my fotografie opdrag moes doen.

Daar is n kinder-ry-park. Die seuntjie het my kans gegee om hom af te neem.

Ek was nie so gelukkig met sy sussie nie. Sy wou nie vir my kyk nie

Daarna het ek weer probeer!

This slideshow requires JavaScript.

Die volgende is by n kleuter versorgings eenheid.

Hierdie outjie het hom gate uit geniet.

Uitdaging 39- Landskap (Landscape)

Elke more as ek met Trompie stap kyk ek af ,

of op na die landskap.

Dit is hoe dit lyk as ek die bult uitgeklim het(eintlik opgeloop het)

Halfpad uitgeklim en omgedraai om foto te neem

DSCF1542

Bo gekom , draai regs dan sien mens die volgende bult

DSCF1538

Bo van die bult af kyk mens oor huise en geboue se dakke na Upper Hutt(dorp) verder weg die rivier en dan die volgende Hills(heuwels)

DSCF1537

n Paar Landskappe verlede jaar(2013) in Februarie tydens die droogte

Skape in kamp

DSCF1462

Droee heuwellandskap

DSCF1488

Tel die see ook as landskap? Indien nie

is daar steeds “landskap” soos in land op regterhand!

Kapiti kus

DSCF1500

For more information on this challenge hop over to:

http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2014/06/23/uitdaging-39-landskap-zephur/

Stokperdjies – Hobbies : Uitdaging 38

STOKPERDJIES

vorm n groot deel van my lewe.

Ek het vele projekte al voltooi.

-enige-iets wat met handvaardigheid te doen het is vir my soos n stokperdjie.

Honde- en melkbokteler was van my eerste stokperdjies.

My Alaskan Malamute wat ek geskou het!

Husky

Trompie wat ek nou net as troetel het maar hy laat my daagliks loop,

wat my stokperdjie is.

Dieregedrag, veral honde, is my stokperdjie

IMG_7254

Wat lees mens in die houding?

100_5679

Dan kom fotografie waarvan ek ook  baie hou.

100_5793

IMG_7250

 n Wye verskeidenheid van handvaardighede!

Kwilte

My eerste hand gekwilte kwilt.

Daarna honderde kwilte vir kunsmarkte.

Trompie eerste 003

Brei

Serpe gebrei vir kunsmark

vele truie het ook uit my hand gekom

100_5153

“scrap booking”

GROOT LIEFDE

100_5011

100_4997

Pottebakkery

Het nie baie daarvan gehou nie.

Dis te harde werk

Enige vlyt met papier

Moes vir die samestelling verskillende papier tegnieke gebruik om die voorstelling te maak

DSC00029

Dit in n neutedop is stokperdjies wat ek beoefen.

Seelversamel , patrone vir brei, hekel en enige interessante artikels in plakboeke,

resepte.

Nee wat, hoe meer ek dink hoe meer kry ek.

Dis noudat ek afgetree het alles stokperdjies.

Vir verdere inligting hop oor na http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2014/06/16/uitdaging-38-stokperdjies-soet-en-suur-pixie/

Skywatch Friday

Skywatch Friday

A place to enjoy skies and views from all around the globe. Skywatch is only as good as the people who post here. It is a “not for profit, not for awards” fun place to post and link from. Simply take a picture which includes the Sky, post that picture on your blog and then come here and put your preferred name and link in the relevant places. Try to visit others on the links, those at the beginning and the end.

http://skyley.blogspot.co.nz/

DSCF6785

Elke donker wolk het n silwer(goue) randjie!

There is a silver lining

to every dark cloud.