
I am doing this award in Afrikaans because
Kouevuur
http://kouevuur.wordpress.com/2014/10/28/n-mooie-blog-toekenning/
nominated me.
Soos alles, is daar natuurlik reëls verbonde aan hierdie toekenning
Ek moet dankie sê vir die persoon wat my genomineer het… Dankie weer Kouevuur
Ek moet die mooi logo hier opsit
Ek moet 7 feite oor myself deel
En ek moet 15 ander bloggers nomineer wat ek bewonder, en hulle moet dan weer dieselfde as hierdie op hul eie blogs doen.
7 Feite!
1. Ek is en bly steeds n “gebore” Suid Afrikaner al is ek in Nederland gebore en het met my ouers ge-immigreer toe ek 6 was.
2. Na 55 jaar in Suid Afrika is ek weer verplant in n nuwe omgewing wat seker maar my tuiste gaan wees tot die einde.
3. Ek mis die lewe en mense in Suid Afrika baie, tog het my nuwe lewe hier ook baie mooi dinge reeds opgelewer.
4. My liefde vir my hond Trompie is so intens dat ek party dae nie kan glo mens kan so verknog raak aan n dier nie.
5. Dan het ek so 3 jaar terug die pen opgeneem en begin om my kinderjare op te teken. Ek het hierdie jaar n bundeltjie saamgestel met fotos en al oor my kinderjare. Ek doen die skrywery met n paar goeie “vriende” in die plaaslike biblioteek elke Vrydag, onder leiding van n 90 jarige oud onderwyseres
6. Al my meubels en huis inhoud is tweede hands omdat ek nie nuwes kan bekostig nie. Selfs my klere is tweede hands. My motor is n amper gedane ou Nissan wat op genade ry.
7. Grootste dankbaarheid wat ek het is dat ek naby my seun kan bly. Ons geniet mekaar nog steeds baie al gaan dit party dae maar knorrig en kort van draad. .As dit nie vir hom was nie sou ek nie hier kon oorleef nie!
Nou moet ek 15 blogs nommineer wat vir my n kopseer is. Ek is nie n gereelde blogger wat op almal kommentaar lewer nie. Die wat ek volg is reeds benoem.
INDIEN JY VOEL OM IETS EKSTRAS TE DEEL MET ONS HIER IN BLOG-OS-SFEER, VOEL VRY OM DIE TEKEN TE GEBRUIK EN IETS MEER VAN JOUSELF TE VERTEL!
Like this:
Like Loading...