Elke more as ek met Trompie stap kyk ek af ,
of op na die landskap.
Dit is hoe dit lyk as ek die bult uitgeklim het(eintlik opgeloop het)
Halfpad uitgeklim en omgedraai om foto te neem
Bo gekom , draai regs dan sien mens die volgende bult
Bo van die bult af kyk mens oor huise en geboue se dakke na Upper Hutt(dorp) verder weg die rivier en dan die volgende Hills(heuwels)
n Paar Landskappe verlede jaar(2013) in Februarie tydens die droogte
Skape in kamp
Droee heuwellandskap
Tel die see ook as landskap? Indien nie
is daar steeds “landskap” soos in land op regterhand!
Kapiti kus
For more information on this challenge hop over to:
http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2014/06/23/uitdaging-39-landskap-zephur/
Lekker So met baie min drade! Mooi Sus
Spot maar! Hierdie is nog ou fotos. Het nog nie regtig die drade mis gekyk nie!
Kon ek myself verplaas, het ek vanmiddag by jou kom teedrink net om jou mooi wêreld te bekyk. Soos ek hier sit en tik hoor ek bo die yskas se geraas darem ‘n voëltjie ook… so die stad is darem nie so sleg nie.
Mooi fotos scrapydo 🙂
Is so, sal ook eendag bietjie daar by jou draai. Sal seker nog so paar jaar vat maar mens weet nooit!