Vandag sou dit Mamma se verjaarsdag gewees het.
Vir my was sy nie Moeder of Ma nie maar
MAMMA
Liewe Mamma hier is n liedjie net vir u
dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet
ek bring vandag hulde aan jou mamma
vir elke roos uit jou hand ontvang
die saamwees elke dag
lang ente se stap langs die rivier
wyse raad elke drukkie elke traan
dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet
ek bring vandag hulde aan jou mamma
hier langs jou graf
weet ek sal jou nooit kan vergeet
van liefde so groot soos jou hart
uit jou moedershand
dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet
(http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/liedjie-vir-jou-mamma-watermoedersdag)
Die laaste fotos wat geneem is in 2006
voordat Mamma opgeneem is in die hospitaal.
Pragtige eerbied vir jou mamma, Ineke.
Baie damkie.:D
Pragtig!
Dankie 😀
Ek verlang ook baie … wens ek kan vir haar hier in die nuwe huisie hê Sy sou dit so geniet het
Beslis ja, veral saam met die geselkap van ander ouens ook
Ek besef elke dag meer hoe ge-bless ons moet wees met ons “mammas”. Daar is soveel kinders wat nooit daardie liefde en aanvaarding beleef nie. En die gebede waarvan ons nooit geweet het nie.
Dit is so waar. As mens skool gehou het weet mens hoe baie kinders sonder n werklike moeder moet grootword
Beautiful.
Thank you!