Uitdaging 35 – Boeke – Pixie
Visit http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2014/05/26/uitdaging-35-boeke-pixie/
For more information.
BOOKS/BOEKE
My heiligdom!
Die klompie boeke het hoofsaaklik die gewig van my trek volgemaak.
Ek kan nie sonder boeke nie.
Onderste rak is al my honde-boeke.
tweede van onder my scrapbook, quilt en kunsvlyt boeke.
Derde rak van onder my
geestelike boeke en my kleinnood in afrikaans wat saam gekom het.
My foto-albums!
Kinderboeke en skoolboeke wat ek gebruik het
My woordeboeke langs my rekenaarskerm
My blokraaiselboeke langs my stoel waarsonder
ek nie kan klaarkom nie!
Grinnik… Die eerste rak kort darem ‘n bietjie regpak… *koes*
Beslis! Probleem is daar word uitgehaal en weer teruggesit. Ek kuier lekker met hul.
🙂
Wow!
Ek is net so mal oor boeke!
So van scrapbooking gepraat, dis nogal iets wat ek sal wil probeer!
As mens eenmaal begin met scrapbooking kan mens nie ophou nie.Ek het vir seker 6 jaar klasse aangebied daarin. Wou dit hier probeer maar dit het toe nie rerig gewerk nie. Ek is nie n besigheids vrou nie. Ek het n bestuurder nodig om dinge te reel. Ek doen die klasse En leer of gee tegnieke om fotos op hul beste te laat vertoon.
O jong, op ons ou klein dorpie is daar nie veel hoop vir so iets nie. Wel, eintlik as ek eerlik is, is daar klasse, maar die vrouens daar is vreeslik intimiderend en ek wil nie alleen gaan soontoe nie! Lekker stupid nê?!
Ek kan ook nie sulke goed bestuur nie! Iemand moet die slegte werk doen, ek wil net die lekker doen! 😉
Ek het die klasse by n kunswinkeltjie aangebied en my gate uit geniet. Dit was ook nie hierdie “grend” dames wat alles weet nie. Gewone lekker kuier en werk mense gewees. Ons het ook so een maal in die jaar n hele Saterdag gescrap wat ook heerlik was.
O dit klink heerlik! Dalk moet ek maar net soek tot ek ‘n plekkie kry waar mens gemaklik voel!
Dit is beslis terapie! Ek het elke week n middagklas aangebied en dan spesifiek Saterdagmiddae. Manne kyk rugby en vroue scrap te heerlik. Dan het ek ook scrap-terapie gedoen. Dis enige kunsvlyt wat mens gebruik om jou bladsy en fotos bymekaar te sit.Dit was “memory healing” wat ek met kuns gedoen het. Van klein dosies en blikkie met versierde fotos in tot klei vorms wat gebruik word. Mis dit nogal. Veral kinders het ook gebaat by klasse of sessies. Dit was trauma terapie wat ek gedoen het met hulle
Dit klink absoluut fantasties!
Ek het nogal by Litnet geblog dat ek opsoek is na so iets, maar hier is maar min sulke goed!
Ek is ook mal oor scrapbooking!
Ek het n slegte ondervinding in NZ gehad. My eerste scrapbook klasse wat ek bygewoon het as scrapper het n dominerende dame wat haar idees in mens se keel afgedruk het. In begin omdat ek niemand geken het nie het ek dit gegaan. Die dame het soort van my vriendin geword omdat ek vaardig was met die scrapbooking. Sy het misbruik van my gemaak en my liefe en passie daarvoor geknak. Eintlik dood gedruk. Sal seker eendag weer in die klomp fotos invaar en weer opvang.
Jip, ek hou van jou! (Of dan, van jou belangstellings!)
Dankie ek is bly jy vind iets om na te kyk en hoop jy deel ook van jou “liefdes”
Jy het ‘n mooi boekrak! Watter soort hout?
Dankie, maar ek weet nie watse hout dit is nie. Sal moet vra want dis n inheemse hout! Ek het dit tweedehands raakgeloop. Die TV rak pas daarby.
Probeer hierdie adres. Heidi was een van die organiseerders vir Scraptheraphy. Sy kan dalk vir jou n lysie of name gee van iemand naby jou. Ek kry nie op die oomblik iets ge-google nie. heidiwdl@mweb.co.za