As jy dit op LitnetBlogs gesien het, hou verby.
Gister
Daar is ‘n verre land
‘n Land van lief en leed
Waarin ons veel te veel onthou
En bitter min vergeet.
Daar is ‘n verre land
In ruimte en in tyd
En soveel wat ons daarin doen
Lei net tot selfverwyt.
Daar is ‘n verre land
‘n Land met net ons twee
Na elke uur wat ons daar was
Is daar nog steeds heimwee.
Daar is ‘n verre land
‘n Land van spieëls en glas
Die stempels in ons paspoort wys
Dat ons eens burgers was.
Na daardie verre land
Bestaan geen roete meer
Paspoort en visum het verval
En daar is geen terugkeer.
©vuurklip