Rondomtaliedraai
http://rondomtaliedraai.wordpress.com/2014/04/28/uitdaging-33-my-straat-soet-en-suur/
Het elke week n nuwe uitdaging wat vir die week geld.
Hierdie week is dit
MY STRAAT
Na links vanaf my huis
Daar is ook n klein kerkie in die straat.
Na regs gaan mens die bult uit en dan lyk dit so
Dan is daar nog eende wat ook in straat loop
Although I am not able to read in language – I particularly enjoyed the photo of the church!
I’ll do the next challenge in English also. This church is such a beauty that every day when I pass it I count my blessings to have such a jewel on my doorstep
Pragtig Ineke!
Dankie! Het jy Rondomtaliedraai ook besoek?
Ek was dus reg toe ek gesê het jy bly in ‘n poskaart!!! 🙂
Ja, dis n pragtige wereld. Ek het my vriendinne vertel van die poskaart idee. Hul dink nie so daaraan nie want hul is te gewoond aan alles. Hier is egter werklik besonderse mooi dele. Soos in SA is daar spesiale plekke. Ek dink die Kaap met sy berge is ook baie mooi.
Ja die mooie, mooie Kaap!!! Elke jaar daar vakansie gaan hou met ons kinders, en verlief geraak op die plek. My man vra my oor die naweek wat kan hy my as geskenk gee… my antwoord, “om weer die Kaap te toer.”
Wow, dit sal n heerlike geskenk wees!Ons het as kinders altyd met my ouers Witrivier toe gegaan en ook gereeld wildtuin toe. My eerste toer toe ek begin skoolhou het was Kaap toe. Het later weer n toer soontoe gedoen en dit is al. Ek het wel heelwat Natalse Noordkus as vakansie en ook vir skooltoere gehad. Bosveld was maar my blyplek wat ook sy eie bekoring gehad het. Hier maak ek elke dag n heerlike uitstappie bult op en weer af terug huistoe.
Die kerk in herfs is baie mooi!
Beslis. Dis n ou eikeboom wat aan die voorkant staan
Mooiste straat en geen lugbesoedeling nie.. fees vir die oog.
Dankie, dit is beslis n fees elke dag as ek my hondekind,Trompie, vir sy lopie vat en sommer my eie oefening ook inkry. Besoedeling is hier beslis min. In die winter is daar nogal rook van hout kaggels wat kan pla