Sommer skielik lus gehad om iets oor n veertjie te skryf.
(photo taken at the Quilt Festival February 2014)
Veertjie
Lief veertjie, liewe kind
ligter as ‘n briesie lentewind
weet jy hoe innig
is ons aan jou verbind?
Lief veertjie , liewe hoop
wat soos ‘n bergstroompie loop
weet jy hoe vinnig
maak jy vir ons bloeisels oop?
Lief veertjie, liewe blom
met ‘n geur wat uit die hemel kom
weet jy hoeveel
gee ons tog vir jou om?
Lief veertjie, liewe ster
wat vir ons flikker uit die verste ver
Weet jy hoe diep
die see is wat ons versper?
Lief veertjie, liefsteling
wat diep in ons hart ‘n liedjie sing
weet jy hoe groot
oor jou is ons verwondering?
—000—
2004/02/28
karelnel.co.za/skryfwerk/Gedigte/Kiekies/Veertjie.doc
Pragtige foto Dalk net te in die middel?
Ag jong mens moet soms afwyk van die geleerde ook! Was net n mooi prentjie.
Ja maar mens kan net ‘n stukkie onder afcrop
Is so.
Beautiful image Scrappy 🙂
Thank you, it has special meaning!:D
Beautiful post!
Thank you, glad you liked it!