Deduut 1979
Anton Goosen/Stephen Bouwer
Refrein:
Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy
En loop ek deur die wereld
-beskut teen die koue-
Die snoesigheid self:
Ek met my moskombersie
En as daar oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
n Ekstra liefdeslaag om my
So marsjeer ek deur die wereld
Gepantser teen die vuur
Die onaantasbaarheid self:
Ek met my menskombersie
Brug:
Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar n seerplek
Dan sluip ek deur die wereld
Die kwesbaarheid self:
Ek met my seerplek
Wat net nie wil genees nie
While I was out walking this morning I picked up this pod with some moss on it and I remembered the song that Laurika Rauch sings in Afrikaans
Tog te pragtig! Ek is mal oor die liedjie en my manlief sing dit net so mooi. 🙂
Hier is baie mos op bome en elke keer sing ek in my gedagtes die ou liedjie en hoor Laurika Rauch sing. Het gelukkig die cd saam gebring en kan luister as ek so voel